Fields-medalje

Fields-medalje

Die Fields-medalje is 'n prys wat tydens die kongres van die Internasionale Wiskundige Unie (IMU) aan 2-4 wiskundiges jonger as 40 jaar, toegeken word. Die kongres vind elke 4 jaar plaas.

Die naam van die toekenning vereer die Kanadese wiskundige John Charles Fields.[1] Die medalje word beskou as een van die hoogste eerbewyse wat 'n wiskundige kan ontvang, en word beskryf as die Nobelprys vir Wiskunde,[2][3]. (Dit verskil wel in die frekwensie van toekenning, aantal toekennings, ouderdomsgrense, geldwaarde en toekenningskriteria.)

Volgens die jaarlikse Akademiese Uitmuntendheidsopgawe (Academic Excellence Survey) deur ARWU word die Fields-medalje beskou as dié toptoekenning in die veld van wiskunde, wêreldwyd.[4]In 'n opname wat deur IREG in 2013–14 gemaak is, is die Fields-medalje saam met die Abel-prys die mees gesogte internasionale toekenning in wiskunde.

Fields was instrumenteel in die vestiging van die toekenning, die ontwerp van die medalje self en die finansiering daarvan, alhoewel hy gesterf het voordat onder toesig van John Lighton Synge ingestel is.[1] Die medalje is vir die eerste keer in 1936 aan die Finse wiskundige Lars Ahlfors en die Amerikaanse wiskundige Jesse Douglas toegeken, en dit word sedert 1950 elke vier jaar toegeken. Die doel daarvan is om erkenning en ondersteuning te gee aan jonger wiskundiges wat groot bydraes tot die veld gelewer het. In 2014 het die Iranse wiskundige Maryam Mirzakhani die eerste vroulike Fields-medaljewenner geword.[5] Altesaam 64 mense het al die Fields-medalje ontvang.

Die mees onlangse groep Fields-medaljewenners het hul toekennings op 5 Julie 2022 ontvang in 'n aanlyngeleentheid wat regstreeks vanaf Helsinki, Finland, uitgesaai is. Dit was oorspronklik bedoel om in Sint Petersburg, Rusland, gehou te word, maar is verskuif na die Russiese inval in die Oekraïne in 2022.

Die prys sluit 'n geldelike toekenning in, wat sedert 2006 CA$ 15000 beloop.[6]

  1. 1,0 1,1 "About Us: The Fields Medal". The Fields Institute, University of Toronto. Besoek op 21 Augustus 2010.
  2. "Fields Medal". www-history.mcs.st-andrews.ac.uk. Besoek op 29 Maart 2018.
  3. "Fields Medal". The University of Chicago (in Engels). Besoek op 29 Maart 2018.
  4. "Top Award, ShanghaiRanking Academic Excellence Survey 2017 | Shanghai Ranking – 2017". Shanghairanking.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2020. Besoek op 29 Maart 2018.
  5. "IMU Prizes 2014". International Mathematical Union. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2018. Besoek op 12 Augustus 2014.
  6. "Israeli wins 'Nobel' of Mathematics", The Jerusalem Post

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search